DAAR het in verlede week se uitgawe van Die Hoorn ’n fout ingeglip toe daar na een van die Hoërskool Oudtshoorn se toppresteerders, Cornél Kruger, verwys is as “hy”, terwyl Cornél duidelik ’n “sy” is. Die Hoorn vra verskoning vir dié oorsig. Hiermee die veranderde teks oor Cornél rakende haar matriekprestasie en toekomsplanne:
Met ’n paar honderdstes van ’n persentasiepunt minder as Sebastiaan is Cornél Kruger (19) in die vierde plek, met ’n gemiddeld van 85,43%. Cornél het A’s behaal vir rekeningkunde, besigheidstudies, Engels eerste addisionele taal, Afrikaans huistaal en lewensoriëntering. Sy gaan lewenswetenskappe laat hernasien met die hoop om nog ’n A te kry, voeg sy by.
Cornél sê sy gaan vanjaar internasionale besigheidsbestuur by Stellenbosch Universiteit studeer. “Ek wil eendag my eie internasionale handelsmerk begin en droom om ’n gimnasium en gesondheidswinkel te begin,” vertel sy.
Regstelling oor Cornél
Cornél Kruger. Foto verskaf