
Die Hoorn het die afgelope twee weke besoek afgelê by die skole se afsonderlike atletiekdae.
Tydens hierdie dae het atlete nie net hul opponente aangedurf nie, maar ook die bloedige hitte van Oudtshoorn.
Atlete wat tydens die skole atletiekdae presteer dring deur na die volgende byeenkoms wat ’n sonebyeenkoms is, en van daar deurdring na die volgende rondte, wat streeksbyeenkomste insluit.
Die volgende groot atletiekbyeenkoms wat binnekort op Oudtshoorn plaasvind is die LOOP, waar Langenhoven Gimnasium, Hoërskool Oudtshoorn, Outeniqua Hoërskool asook Punt teen mekaar meeding.
Dit vind op Woensdag 5 Februarie by die Tartanbaan op Oudtshoorn plaas.

Langenhoven Gimnasium

Hoërskool Oudtshoorn