Brigadier Susan Crafford (links agter), stasiebevelvoerder van die Oudtshoorn Polisie, en ander vrouelede van die SAPD, onder meer die K9-eenheid, het die Hoërskool Protea besoek om met die meisieleerders te gesels. Ao Wanita Uys van die Polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings, het oor tienerswangerskap gepraat. Suster Eshieda Mei van Bridgtonkliniek, wat ook daar was, het die leerders ingelig oor die voorkoming van swangerskap. Die Polisie het ook sanitêre doekies aan die leerders oorhandig. (Foto verskaf.)