Neil wys sy RTT-vaardigheid

Neil wys sy vaardigheid met rekenaars. Neil van der Merwe (18), ’n matriek-leerder in Langenhoven Gimnasium, het gedurende die Junie vakansie aan ’n Rekenaar Toepassingstegnologie-Olimpiade in Gauteng deelgeneem.

Daar is slegs 11 leerders in die land genooi om aan die finale rondte deel te neem, en slegs twee skole in die Weskaap het hierdie eer gehad.

Neil het ongelooflik goed presteer en het met die 3de plek (brons) weggestap. Foto: Lindi Brill