VLV plant bome vir Diereherberg

Die VLV-dames saam met Jaco Vorster by die Oudtshoorn Diereherberg. Foto verskaf

Die Oudtshoorn Vroue Landbou-vereeniging (VLV), het Dinsdag, 16 Julie, ’n draai by die Oudtshoorn Diereherberg gemaak, waar hulle bome geplant het sodat die diere heerlike skaduwee kan hê in die warm somermaande in Oudtshoorn se warm son.

Die tak het die bome as geskenk ontvang en saam met die bekende besigheidsman, Jaco Vorster, by die Oudtshoorn Diereherg gaan plant.

Honde by die Herberg is beskikbaar vir aanneming, ook buite Oudtshoorn se grense. Kontak gerus vir Ansa de Jager by 072 070 5977.