Melissa Zeelie, ’n graad 7-leerder van die Laerskool Van Reede op Oudtshoorn, is aangewys as die wenner in die die laerskole-afdeling van ’n landwye opstelkompetisie wat aangebied is deur die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS). Die onderwerp waaroor die leerders moes skryf, was Die Skool van die Toekoms. Melissa het ’n kontantprys gewen en haar opstel is op SOS se webtuiste gepubliseer.
Foto verskaf