Ontmoet die orkeste!

Die lede van Brian Nieuwoudt se Karoo Boere-orkes. Foto verskaf

BRIAN NIEUWOUDT en sy Karoo Boere-orkes het in 2018 ontstaan toe Willem Marais vir Brian genooi het om aan die Grootvoël Boeremusiekfees op Oudts­hoorn deel te neem.

Die musikante is toe bekendgestel aan Boeremusiek (hulle is eintlik ’n geestelike musiekgroep genaamd Vrygekoop onder die leiding van Brian).

Sedertdien het hulle by elke Grootvoël Boeremusiekfees opgetree en ook by verskeie ander geleenthede. Brian fokus hoofsaaklik op ou vergete melodieë wat nie vandag baie gehoor word nie en ook op Boeremusiek met sang.

Hulle musiek word gekenmerk deur die Weskus-/Namakwalandse karakter en die meerderheid orkeslede kom ook uit daardie streek. Feesgangers kan uitsien na ’n wye spektrum Boeremusiek in die tradisionele styl gespeel met ’n groot verskeidenheid instrumente, hope nostalgie en “onthou jy nog”-oomblikke.

Koop vandag nog julle kaartjies vir die 2022 Grootvoël Boeremusiekfees, geborg deur TFASA en Radio Namakwaland 93.4fm, wat op 23 en 24 September in die Hoërskool Oudtshoorn se skoolsaal plaasvind. Naweekkaartjies kos R140 en dagkaartjies slegs R80.

Gaan volg die fees op Facebook of kontak Brian Nieuwoudt by 082 322 7526, of Christo Wiese by 083 453 2806 vir verdere navrae.

Be the first to comment on "Ontmoet die orkeste!"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*