Matrikulante regoor die land het die afgelope tyd by verskeie geleenthede en volgens hulle tradisie van mekaar en van onderwysers afskeid geneem.
Handtekeninge is op hemde gesit, aandenkings is uitgeruil en ontbyt is genuttig om totstiens te sê voor daar aangesit word vir die finale eksamen.
Hierdie tyd van die jaar is emosioneel, maar ook spannend vir matrieks en ouers.
Die grootmenslewe lê om die draai.
Nog net een laaste eksamen dan begin die volgende groot avontuur in hul lewens.
Toekomsplanne is uiteenlopend.
Sommiges gaan studeer, ander geniet ‘n “gap” jaar, maar van hulle spring sommer dadelik in werkskoene in en begin by ondernemings.
Wat ookal die toekoms vir elke 2024 matrikulant inhou, wens Die Hoorn ons jong volwassenes van die Klein Karoo alle sterkte toe vir die eksamen wat voorlê asook vir die vakansie daarna waartydens elkeen finaal die einde van ’n skoollopbaan gaan vier.
