HOE wil klipfasade agter gewel ook laat herstel

Foto: Hannes Visser

Die werk wat Joost Pyck met befondsing van HOE (Heritage Oudtshoorn Erfenis) aan Tuishuis se gewel gedoen het, is verlede week afgehandel.

HOE wil graag die klipfasade agter die gewel ook laat herstel, maar benodig fondse vir die projek.

Mense wat belangstel om by HOE betrokke te raak, kan Carol Jeal by 083 268 6708 kontak.