Lees hier meer oor matriekuitslae

DIE Eden en Karoo-distrik se 2020-matrieks wat in die uitdagende omstandighede van die wêreldwye Covid-19-pandemie hul matriekjaar voltooi het, het nie teleurgestel nie en onder die omstandighede goeie resultate behaal.

Die gemiddelde slaagsyfer in die Eden en Karoo-distrik is 79,07% teenoor die vorige jaar se 84,09%, terwyl 39,77% van kandidate toelating vir ’n Baccalaureusgraad gekry het teenoor die 42,99% van die vorige jaar.
Lees meer oor vanjaar se presteerders op bladsye 4 en 5 en in volgende week se uitgawe van Die Hoorn.

Volg ook Die Hoorn op Facebookblad vir foto’s van verlede jaar se matrieks by verskeie skole op Oudtshoorn toe hulle hul uitslae ontvang het.