Die Laerskool Wesbank se eerste seuns- en meisiestennisspanne asook die tweede mei-siespan is as wenners van die Eden Laerskoletennisliga bekroon nadat hulle op Dinsdag, 5 November, in die eindronde op Oudtshoorn gespeel het. Wesbank se tweede seuns- en derde meisiespan was naaswenners in die tweede liga. Hieronder is die spanne:

Seuns 1ste span: Jaco Lamprecht, Roux Delport, Xander Pienaar en Louis Uys.

Eerste meisiespan: Jodi Potgieter, Nika Potgieter, Francis Beukes en Anandi de Waal.

Tweede meisiespan: Marì Terblanché, Ella Rossouw, Ruby Krüger, Nicolize Keller.

Tweede seunspan: Franco Pienaar, HW de Waal, Marius Griebenauw, Ruben Pienaar.

Derde meisiespan: Liane Jansen van Vuuren, Lara Rossouw, Lana Delport.