Die wenners van Klein Karoo Agri se gholfdag was van links: Theuns Botha, Rudi Steyl, Johan Botha en Ben Vermeulen. Foto: Higgo Jacobs

Wilma Lemmer, bestuurder van Eljada Nasorgsentrum (middel), ontvang ’n tjek van R20000 van Terblance du Plessis, besturende direkteur van Klein Karoo Agri.
DIE gholfdag van Klein Karoo Agri op Donderdag, 7 November, op die Oudtshoorn Gholfbaan het altesame 124 spelers, waarvan vyftig boere wat nog nooit voorheen gholf gespeel het nie, gelok.
Die spelers het om 11:00 gelyktydig vanaf al 18 bowwe afgeslaan.
Die opbrengs van die dag was genoeg om ’n tjek van R20000 tydens die prysuitdeling aan Eljada Nasorgsentrum te oorhandig.
Die formaat van die dag was ’n American Scramble waar spanne van vier spelers kon scramble tot in die gat.
Die wenners was Theuns Botha, Rudi Steyl, Johan Botha en Ben Vermeulen.
Terblanche du Plessis, besturende direkteur van Klein Karoo Agri, het tydens die prysuitdeling sy tevredenheid met die verloop van die dag uitgespreek en al die borge bedank vir hul bydraes.
(Deur Higgo Jacobs)