NA ’n rugbyseisoen van bykans 30 wedstryde, is Laerskool Wesbank se o.13 A-rugbyspan steeds onoorwonne!
Verskeie groot bekende skole, ook vanaf die Kaap, het in Oudtshoorn kom toer, en is deur die Wessies verslaan.
Volgens hul afrigters Stix Theunissen en Chris Opperman skryf hulle dié sukses toe aan spanwerk.
“Hierdie besondere span speel saam as ’n groep, en probeer hulle nie as individue die spel speel nie,” sê Theunissen.
Teenstanders kon gemiddeld nie eers drie punte teen hierdie span aanteken per wedstryd nie.
Volgens die skoolhoof, Waldo Cloete, het hierdie spannetjie al van jongs af baie belofte getoon. “Wat vir my egter uitstaan is die karakter van hier-die seuns en die feit dat hulle nederig bly,” sê Cloete. (Deur Angelique Erasmus)
Laerskool Wesbank se o.13 eerste rugbyspan onoorwonne
Laerskool Wesbank se onoorwonne o.13-rugbyspan en afrigters is voor van links Caylib September, Stix Theunissen (afrigter), Andreas Gouws, Waldo Cloete (skoolhoof), Gerrit Janse van Rensburg, Chris Opperman en Zerwich Westraad. Middel van links Néhan Botha, Phillip van der Merwe, Dylan Hufke, Pieter Barnard, Logan Jacobs, Janu Wentzel, Franco Pienaar, Ruben Pienaar en Fagon Hendricks. Agter van links is Lian Verwey, Callie Wannenburg, Hendré Botes, Luan Mortlock, Tylor-John de Villiers, Claude Richardson, Charlie Terblanche, Zuriel Buys en DJ October. Foto verskaf