Laerskool Wesbank se koor bekoor gehore tydens besonderse kooraande
Laerskool Wesbank op Oudtshoorn het verlede Dinsdag en Woensdag (1 en 2 November) twee kooraande aangebied met die skool se junior en senior koor wat opgetree het. Die aand is deur sowat 500 mense bygewoon. Sulayman Human, bekende pianis van die Groter Oudtshoorn, het saam met die kinders opgetree en ook twee solo-items gelewer. Die koor word deur Retha van Zyl van Ladismith afgerig. Foto verskaf