Jong tennisspeler van hier maak naam
Bea-Marie Vosloo (links) van Riversdal en Fourie Delport van Oudtshoorn het onlangs aan die jaarlikse inter-provinsiale tennistoernooi, die Synergy Cup, op Robertson deelgeneem en skoonskip gemaak as gemengde paar! Fourie, ’n leerder van Laerskool Wesbank, het self as die eerste-gekeurde o.11-seunsspeler in Eden teen beide die Wes-Kaap en Boland se nommer 1-spelers gewen. Hy word tans deur Pieter van der Walt afgerig, van Totally Tennis op Oudtshoorn. Foto verskaf