Groot sportdag by Struisies

Die sportkapteins van Gimmies is van links: Elizmaré Victor, Sharé Lund, Louis Jonck en Johan Muller Foto verskaf

Struisies se sportkapteins is van links Laureka Wallace (netbal), William Davids (hokkie), Ayden Pretorius (rugby) en Tanja Terblanche (hokkie). Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
SATERDAG lei alle paaie na die Hoërskool

Oudtshoorn se sportvelde vir die tradisionele sportdag wat jaarliks tussen die Struisies en Gimmies plaasvind.

Vanjaar is die Hoërskool Oudtshoorn die gasheer vir hierdie jaarlikse instelling wat besoekers, oud-leerders en ondersteuners van oraloor bymekaar bring.

Ondersteuners het reeds Dinsdagmiddag ’n voorsmakie van die mededinging gekry met die netbalwedstryde wat toe plaasgevind het.

Die rugby- en hokkiewedstryde kom Saterdag aan die beurt.

Die Hoorn het met die onderskeie sport-kapteins van die twee skole se eerste sport-spanne gesels en dit is duidelik dat daar groot opgewondenheid heers oor Saterdag.

Volgens Tanja Terblanche, kaptein van die Struisies se eerste hokkiespan, sien sy baie uit na Saterdag se verwagte taai wedstryd. “Ek weet dat elke meisie in die span se hart met trots vir die Struises klop en ons is gereed om ons harte uit te speel. Ek hoop dat die wed-stryd in ’n goeie gees gespeel sal word.”

Die Struisies se kaptein van die eerste rugbyspan, Ayden Pretorius, sien Saterdag as ’n groot geleentheid.

“All people are unique and this is a unique opportunity to show our capabilities and skills at Oudtshoorn High School,” is sy mening.

William Davids, kaptein van die seuns-hokkie-span, sê hy kan nie meer wag vir die wedstryd om te begin nie. “I would like to congratulate all the players on their hard work and thank our rival for their participation. God bless and may the best team win.”

Laureka Wallace is die Struisies se kaptein van die eerste netbalspan en het die Gimmies gelukgewens met hul span se oorwinning van 27-20 Dinsdagmiddag. “Ek is trots op elke meisie in ons span en sal ons hegte band vir niks verruil nie,” het sy gesê.

Sharé Lund, Langenhoven Gimnasium se kaptein van die meisiehokkiespan, sê haar span wil die skool trots maak. “Ons speel die naweek vir ons span, vir ons skool en vir Jesus, want dit is Hy wat vir ons hierdie talen-te gegee het. Ons hoop om die Gimmies die naweek trots te maak deur ons harte uit te speel,” sê sy.

Johan Muller, rugbykaptein van die Gimmies, het ’n waarskuwing aan die Struisies gerig: “Ons weet dat die naweek ’n harde wedstryd gaan wees. ’n Span is altyd ’n bie-tjie gevaarliker in ’n derby. Ons is vasbeslote om alles in te sit!”

Louis Jonck, wat die Gimmies se seuns-hokkie- span aanvoer, sê die span sien uit na die naweek. “Dit gaan ’n harde wedstryd wees, soos nog altyd vantevore. Ons hoop om vanjaar die wa deur die drif te trek.”

Elizmaré Victor, die netbalkaptein van die Gimmies, wat Dinsdag die Struisies geklop het, sê dit was ’n taai wedstryd. “Ons moes hard veg vir elke doel. Ek is trots op my span, en glo die seisoen sal net so goed wees.”