Vier aanrandingsake gemaak na skoolbakleiery

‘n Skermgreep van ‘n video wat versprei word.

‘n Bakleiery tussen leerders van die Hoërskool Oudtshoorn word tans deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) ondersoek, sê Jessica Shelver, woordvoerder van die departement. ‘n Video (of moontlik videos) van die bakleiery word tans wyd op sosiale media versprei.

Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, is vier aanrandingsake by die polisie aanhangig gemaak. Die voorval het volgens hom Woensdag 24 April 2019 om 14:00 plaasgevind.

Shelver sê inligting rondom die insident is nog vaag en ‘n vergadering vind later vandag tussen die skoolbeheerliggaam en ouers van die beweerde oortreders plaas. (Berig deur Liesel le Roux)