Gimmies T20-kampioene

LANGENHOVEN Gimnasium se eerste krieket-span is die afgelope naweek as die T20-kampioene gekroon nadat hulle die Hoërskool Outeniqua in die eindstryd met vier paaltjies geklop het.

Outeniqua het eerste gekolf en 105/4 in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken. Die uitblinker-bouler van Gimnasium was Arthur Muller wat twee paaltjies vir net ses lopies laat kantel het.

Gim het die teiken in 19.2 boulbeurte behaal. Die span se voorste kolwers was Francois-André Beets 52 lopies nun en Jaco Victor met 20 lopies.

Gimnasium se pad na die eindstryd was vol hoogtepunte. In die kwarteindstryd het hulle teen Glenwood House 138/7 in hul 20 beurte op die telbord geplaas waarna hulle Glenwood vir 89 lopies uitgeboender het.

In die halfeindstryd teen Oakdale het die span weer eens hul slag gewys.

Oakdale, wat eerste gekolf het, het 118/8 in die toegelate 20 beurte aangeteken. Die Gimmies het daarna 121/1 in slegs 13 boulbeurte gemoker.

In dié wedstryd was Rowan Rondganger die beste bouler met twee paaltjies vir nege lopies. Lleyton Avontuur (66) en EAJ Carew (24) was die top-kolwers. Langenhoven Gimnasium het dié wedstryd met 9 paaltjies gewen.