Langenhoven Gimnasium het verlede Vrydag en Saterdag in hul jaarlikse Interskole teen Hoërskool Punt meegeding. Die dag is gekenmerk deur goeie sport en die kompetisie was tasbaar tussen die twee skole.
Langenhoven Gimnasium het as algehele wenners van die Interskole weggestap. Die eerste rugbyspan het hul spanningsvolle wedstryd in die laaste minute gewen met ’n telling van 24 – 22.
Die eerste dogtershokkiespan het ook geseë-vier met ’n telling van 1 – 0, terwyl die seuns 0 – 1 verloor het. Die netbal se eerste span het met 2 punte verloor met hul telling wat 32 – 34 op die telbord gewys het. Foto’s: Lindi Brill

