OUDTSHOORN Posduifklub se geveerde atlete het hierdie week van Kimberley af gevlieg wat ’n gemiddelde afstand van 587 km vanaf Oudtshoorn is.
Die duiwe is om 7:15 losgelaat en volgens die inkloktye het die duiwe hul vere geklap dat dit bars.
Wedvlug 19 is gewen deur Hannes Smit met sy duif wat om 13:00:42 ingeklok het. Anton en Morne Janse Van Rensburg van A.M.J. Lofts het die eerste plek in wedvlug 20 behaal. Hul wenduif het om 13:00:10 ingeklok. MJ Pienaar het ’n tweede plek behaal in die wedvlugte in die Fe-derasie in die Eden distrik.
Wedvlug 19 se uitslae: Hannes Smit – 1 en 13; Klein Karoo Lofts – 2, 14, 17, 18, 28 en 29; Thelma’s lofts – 3, 21, 22 en 23; Night Drop Ra-cers – 4, 6, 8, 12 en 25; Dirk Greeff Lofts – 5, 15, 16, 24 en 27; A.M.J. Lofts – 7, 9, 10, 19, 20 en 30; MJ Pienaar – 11 en 26; Ockie Olivier @ Abi – 35.
Wedvlug 20 se uitslae: A.M.J. Lofts – 1, 8, 11 en 24; Klein Karoo Lofts – 2, 3, 4, 5, 15 en 30; Ockie Olivier @ Abi – 6, 9 en 22; Dirk Greeff Lofts – 7, 10, 13, 28 en 29; Hannes Smit – 12 en 27; Night Drop Racers – 14, 16, 17, 18, 21, 23 en 26; Thelma’s loft – 19, 20 en 25; MJ Pienaar – 34. (Deur Lindi Brill)