Die o.19A-krieketspan van Langenhoven Gimnasium het verlede Saterdag op hulle tuisveld teen Bridgton Sekondêr gespeel.
Bridgton het eerste gekolf en 107 lo-pies in 37 boulbeurte aangeteken. Gimmies is ingestuur om te kolf, en het 109 lopies vir die verlies van 5 paaltjies in 14,3 boulbeurte aangeteken om met 5 paaltjies te wen.
Theo Qusheka is aangewys as beste bouler met 5 paaltjies in 10 boulbeurte vir 29 lopies. Matt Jansen (22 lopies) en Farrel-leigh Dido (20 lopies, nie uit) is as beste kolwers aangewys.
Die witwarm o.15A-span van Langenhoven Gimnasium het ook hul wedstryd teen Hoërskool Outeniqua tuis gewen.
Outeniqua het eerste gekolf en is almal uitgehaal vir 63 lopies. Gimmies het 64 lopies in hul kolfbeurt aangeteken met die verlies van 2 paaltjies.
Hulle wen met 8 paaltjies in slegs 6 boulbeurte.
Cobus Esterhuyse is aangewys as beste bouler met 3 paaltjies in 2,2 boulbeurte vir die verlies van geen lopies.
Die beste kolwer was Eathan Engelbrecht, wat 42 lopies aangeteken het met 21 balle, nie uit nie. (Lindi Brill)
Gimmies se krieketspanne presteer
Die o.15A-krieketspan van Langenhoven Gimnasium vier hul oorwinning teen Hoërskool Outeniqua. Foto: Verskaf