Rolbaluitslae van die naweek

Die wenners, Francois van der Walt (links) en Marco Geel (regs) saam met Rudi Venter, president van die Oudtshoorn Rolbalklub. Foto: Verskaf

Oudtshoorn Rolbalklub het hul Pare Toernooi verlede Saterdag in versengende hitte by die Oudtshoorn Rolbalklub gespeel.

Daar het 14 spanne aan die toernooi deelgeneem wat deur Johnson’s Bricks geborg is.

Marco Geel en Francois van der Walt het die eerste plek gewen met MP Olivier en Santjie Olivier in die tweede plek. Michael Londt en Meiring de Villiers het die derde plek los gerol. (Lindi Brill)