Langenhoven Gimnasium se leerders het die naweek van die 2de September aan ’n provinsiale vaardigheidskompetisie deelgeneem. Verskeie skole van die Wes-Kaap het met mekaar meegeding.
Die vaardigheidskompetisie het by HTS Bellville plaasgevind. Die leerders is verdeel in verskeie lokale waar hulle die uitdaging ontvang het en dit dan binne ’n gegewe tydperk moes voltooi.
Onderwysers mag geen hulp aan die leerders verleen het nie. Gimmies het soos altyd weer baie mooi presteer en het verskeie plekke behaal:
Pieter Fourie: Meganies pas & masjinering – 1ste plek in die Wes-Kaap. Jana-Marié Emmerich: Elektriese tegnologie swaarkragstelsels – 2de plek in die Wes-Kaap, Megan Terblanche: Siviele tegnologie houtbewerking – 3de plek in die Wes-Kaap. Calvin Schoeman het deelgeneem aan die Rekenaartekeninge (CAD) en Janke van Eck en Nicolize Keller aan die Gasvryheidstudies-kompetisie.
Die leerders het baie geleer en Gimmies sal beslis volgende jaar terugkeer om weer naam te maak.
Gimmies presteer by Provinsiale Vaardigheidskompetisie
Langenhoven Gimnasium se leerders het die naweek van die 2de September aan ’n provinsiale vaardigheidskompetisie deelgeneem. Verskeie skole van die Wes-Kaap het met mekaar meegeding. Die vaardigheidskompetisie het by HTS Bellville plaasgevind. Die leerders is verdeel in verskeie lokale waar hulle die uitdaging ontvang het en dit dan binne ’n gegewe tyd-perk moes voltooi. Onderwysers mag geen hulp aan die leerders verleen het nie. Gimmies het soos altyd weer baie mooi presteer en het verskeie plekke behaal:
Pieter Fourie: Meganies pas & masjinering - 1ste plek in die Wes-Kaap. Jana-Marié Emmerich: Elektriese tegnologie swaarkragstelsels - 2de plek in die Wes-Kaap, Megan Terblanche: Siviele tegnologie houtbewerking - 3de plek in die Wes-Kaap. Calvin Schoeman het deelgeneem aan die Rekenaartekeninge (CAD) en Janke van Eck en Nicolize Keller aan die Gasvryheidstudies-kompetisie.
Die leerders het baie geleer en Gimmies sal beslis volgende jaar terugkeer om weer naam te maak.