Gimmies blink uit in fietsry en tennis

Zander Petzer (13), Marcel Petzer (17) en Liebe Oostduizen (15) het die naweek aan die Eden-hoërskoletennisproewe op George deelgeneem. Liebe het die o.19-ouderdomsgroep gewen terwyl Zander agtste geëindig het in die o.15-groep. Marcel was vierde in die o.19-groep. Al drie gaan die naweek van 14 en 15 Februarie aan die Synergy Cup in die Kaap deelneem.