Union Stars (72/4) het sy posisie bo-aan die premier-krieketliga se punteleer verstewig ná ‘n oortuigende sege van ses paaltjies teen George die afgelope naweek (69 almal uit). Romano John (4/18) was Union Stars se uitblinker.
In nog ‘n kragmeting die naweek het Knysna Cavaliers (252/6) se kolwers hul staal getoon teen Ramblers (191 almal uit) met Todd Walker (63), Francois Bonthuys (54) en Thabo Dwyili (51) wat hul span gehelp het om met ‘n stewige 61 lopies te seëvier. Danksy Harlequins Forces (130 almal uit) se sege oor Mosselbaai (81 almal uit), deel hulle nou die tweede posisie op die punteleer met George. Albei spanne het 31 punte ná tien kragmetings.
Franklin Stuurman het met ‘n boulontleding van 4/9 uitstekend gevaar in ‘n wedstryd waar min lopies aangeteken is. Wedstryd-opsomming:
Union Stars vs George George (69 a/u):
Romano John 4/18, Dillan Nuys 2/11, Enverino Swartz 2/28. Union Stars (72/4 in 16.4): Pieter Stuurman 37, Jaco Fourie 2/19.
Union Stars wen met ses paaltjies.
Ramblers vs Knysna Cavaliers
Knysna Cavaliers (252/6 in 50 boulbeurte):
Todd Walker 63, Francois Bonthuys 54, Thabo Dwyili 51, Trevano Thorne 26, Lenwill Smart 3/46.
Ramblers (191 a/u):
Bradley Carolus 37, Odin le Roux 30, Fabian Campher 22, Francois Bonthuys 2/17, JP Ellis 2/45.
Knysna Cavaliers wen met 61 lopies.
Harlequins Forces vs Mosselbaai
Harlequins Forces (130 a/u):
Rhupino Plaatjies 35*, Regan Engelbrecht 31, Ruaan Moore 4/20, Jacques Budricks 3/26, Kevin de Kock 2/20.
Mosselbaai (81 all out):
Tony Ferreira 47, Franklin Stuurman 4/9, Rhupino Plaatjies 2/16. Harlequins Forces wen met 49 lopies.
Vier paaltjies vir Romano
