Fourie gekies vir SA-Skolespan

Fourie Delport Foto: verskaf.

Fourie Delport, ’n graad-7 leerder van Laerskool Wesbank, is die afgelope naweek gekies vir die o.13 SA-Skolespan in tennis na afloop van die Interprovinsiale toernooi wat in Pretoria plaasgevind het.

Volgens die organiseerders van die toernooi gaan die SA-span later hierdie jaar in Suid-Afrika aan ’n internasionale toernooi deelneem.

Die span gaan ook gedurende 2025 in Engeland aan ’n toernooi deelneem en ook ’n besoek by Wimbledon aflê. Foto: Verskaf