Eerste skooldag van 2021 breek aan

Bianca Draai se hande word hier deur haar klasonderwyseres by De Villiers Primêr op Oudtshoorn, Annatjie Lategan, gereinig. Die skool spog vanjaar met 113 nuwe graad 1-leerders. Foto: Garnett Wicomb

Bo: Towerkop Primêr op Ladismith spog vanjaar met ’n nuwe tweeling in graad 1 – Lineke en Linay Saayman in die wit truie saam met hul klasmaats.
Foto: Deon Meyer

Bo: Die tweeling Shirene en Irene Sampson is vanjaar twee van Bergsig Primer op Oudtshoorn se nuwe graad eens. By hulle is Elsabie Jacobs, adjunkhoof. Foto: Garnett Wicomb

Bo: Die Hoërskool Ladismith se nuwe leerkrag is Thailah-Ann Louw.
Foto: Deon Meyer

Drie nuwe onderwysers is by Bergsig Primêr op Oudtshoorn aangestel. Hier van links is Morisha Andreas, Clarina Swarts en Alison Fortuin saam met die voorsitter van die skool se beheerliggaam, Jacob Solomons (links), en die skoolhoof, Daclon Arries. Foto: Garnett Wicomb