Bridgton Senior Sekondêr vs Hoërskool Punt

Juandré Rhoode, flank van BSS, word grond te gebring deur ’n speler van die Hoërskool Punt van Mosselbaai in die wedstryd tussen die twee skole se o.19A-spanne.

Bridgton Senior Se-kondêre Skool en die Hoërskool Punt se rugbyspanne het Saterdagoggend op die Bridgton Sportgronde meegeding. Punt se o.19A’s het met 21-17 gewen, hul o.19B’s met 50-30 en hul o.14’s met 34-11. BSS se o.15’s het met 23-21 gewen en hul o.16’s met 33-5.