• Regulering van verblyfplekke binne toerismebedryf
Deur Liesel le Roux
DIE Oudtshoorn Besigheidskamer moedig enige vorm van besigheid op Oudtshoorn aan, maar verwag terselfdertyd van die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit om as die verantwoordelike owerheid enige bedryf wat gereguleer moet word, wel te reguleer.
Die voorsitter van die Besigheidskamer, Gideon Badenhorst, het gereageer op ontevredenheid en vrae van inwoners omdat die Besigheidskamer die munisipaliteit verlede week versoek het om seker te maak verblyfplekke voldoen aan wetgewing.
Badenhorst sê die Besigheidskamer wil graag sien dat mense besigheid doen op die dorp en dat die besigheidsektor en toerisme groei.
“Dit is egter belangrik dat ons almal ordelik en gestruktureerd besigheid doen op die dorp.”
Badenhorst het mense wat onseker is oor wat hulle te doen staan, aangeraai om professionele hulp in te win.
“Win professionele raad in as jy onseker is. Oor wetlike aspekte sal ’n prokureur jou kan help, en oor finansiële aspekte kan mense ’n prokureur of boekhouer nader.