Sers Anthony Witbooi (links) en sers Jan Plaatjies (regs) het by die Oudtshoorn SAPD se jaarlikse prestasietoekenningsaand op 25 Mei die toekenning ontvang vir die “vangs van die jaar”. By hulle is lt kol Gerhard Lategan, skofbevelvoerder. Witbooi en Plaatjies het ’n verdagte wat vir agt sake van roof gesoek is, in Maart vanjaar in hegtenis geneem. Hulle het met behulp van inligting ’n plan van aksie saamgestel en hom opgespoor waar hy weggekruip het.

Brig Levona Januari, die stasiekommissaris, by sers George Wolmarans wat aangewys is as die beste Vispol-lid.

Kol Marnewick, speurhoof (links) by r/konst Masie Maasdorp wat aangewys is as die beste reservis. Foto’s verskaf