15 -17 June
Calitzdorp Winter Festival. Enquiries: Zelma Kriek: 082 576 5855; info@calitzdorpwinterfestival.co.za
16 – 17 Junie
• Hondeskou op Oudtshoorn. Die Outeniqua Kennel Club en George Kennel Club se jaarlikse hondeskoue op die Laerskool Wesbank Sportterrein, Vredestraat. Navrae: 044 272 2412.
Vrydag 15 Junie
Klein Karoo Klanke, ’n nuwe inisiatief op Oudtshoorn vind ’n derde keer plaas. Plek: La Dolce Vita. Optredes deur Jaco Kriek, Marisca Rain, Doug van Tonder, Janine Fourie, Gerdus Lategan, Josh Paul Williams en nog plaaslike talent. Toegang R55. 20:00 tot 23:00. Navrae/besprekings: Leonard (072 242 4742).
Saterdag 16 Junie
• Western Hope Krieketklub hou sy Algemene Jaarvergadering by die Vaardigheidskool op Oudtshoorn. 15:00. Alle lede en nuwe lede welkom. Navrae: James du Preez (072 243 4896).
• Die Interworld Wrestling Legend of Legends by Smitswinkel, Oudtshoorn. 15:00. R100. Rofstoei-extravanganza en fondsinsameling vir mediese koste en ’n elektriese rolstoel vir die voor- malige SA rofstoeikampioen Bruce Snyman (Big Bad Bruce). Navrae: Gerda Tait (074 474 7743).
15 Junie – 14 Julie
Die Oudtshoorn Sportfees.
Donderdag 21 Junie
Oudtshoorn Kuntevriende bring ’n groep top-kunstenaars na die Klein Karoo Ostrich Emporium op Oudtshoorn vir ’n konsert getitel Musiek in lig en skadu met klassieke musiek, musiek van Abdullah Ibrahim en toonsettings van gedigte van Ingrid Jonker, Boerneef en Antjie Krog. 18:30 vir 19:00. R100, ’n verwelkomingsdrankie en sop en brood ná die vertoning ingesluit. Kaartjies by Die Herrie / Annelise Schutte Vlok (072 592 3928) / tonie1@ telkomsa.net.