The Waffle Bubble open deure

Jolande de La Hunt (middel agter) en haar span by The Waffel Bubble.

OUDTSHOORNIETE is in vir ’n ding.

Die Waffle Bubble, ’n nuwe restaurant op die dorp, het verlede week hul deure vir die eerste keer geopen.

Hierdie nuwe restaurant bied twee soorte wafels aan, die smullekker Belgiese wafel, en ’n nuwe konsep, naamlik die Bubble-wafel.

’n Groot verskeidenheid soet en sout vulsels wat bo-op of toegedraai binne in die wafels geniet kan word, is beskikbaar. Onder die vindingryke vulsels is ’n ontbyt- en selfs ’n kerriewafel.

Heerlike ontwerper-frappé’s is beskikbaar vir daai warm somersdae, en eksotiese koffie en cappuccinos, om maar net ’n paar heerlike drinkgoed te noem.

Moet ook nie die vriendelike diens misloop van die kelners, en Jolanda de la Hunt, die eienaar, wat persoonlik seker maak dat elke bord met liefde bedien word nie.

Die Waffle Bubble maak ook wegneemetes vir persone wat verkies om tuis aan hul wafels te smul, of wat nie tussen mense wil eet nie.

Besoek gerus hul Facebook- en Instagram-blad, en like of volg die bladsye.

“Sodra ons 2500 likes op Facebook kry, gaan ons ’n opwindende kompetisie loods, waar een gelukkige wenner ’n scooter of motorfiets kan wen,” sê Jolanda.

Almal wat R100 of meer by die restaurant spandeer, sal kan inskryf vir die kompetisie.

“Ons pryse is baie kompeterend, en mense kan na hartelus kom smul aan al die verskillende soorte wafels wat ons bied, en selfs ’n sterker drankie of bier geniet,” sê sy.

Die restaurant beskik ook oor konferensiefasiliteite, en kan selfs partytjies, ooievaars- en kombuistees akkomodeer.

Jolanda en haar span nooi Oudtshoorn uit om vir hulle te kom kuier by The Waffle Bubble in Baron van Reedestraat 25 (skuins oorkant Mr Price) op Oudtshoorn, of kontak Jolanda by sel 082 803 8580.