Langenhoven Lifestyle Centre nou oop

Die Langenhoven Lifestyle Centre is nou oop en inwoners word genooi om gerus ’n draai by die sentrum te gaan maak. Die sentrum sou vanaand amptelik bekendgestel word tydens ’n netwerkaand van die Oudtshoorn Besigheidskamer by die sentrum. Weens die beperkings wat op byeenkomste geplaas is om die verspreiding van die koronavirus (Covid 19) te verhinder, is die netwerkaand afgestel. Die netjiese sentrum, wat oor oorgenoeg parkering beskik, huisves onder meer National, wat motorruite verskaf en installeer en ook ’n wye reeks alluminium- en glasprodukte vir die huis verskaf soos venster- en deurrame en storte. Hulle het ook so pas die agentskap vir Ford-gereedskap gekry. Xpanda, wat onder meer sekuriteitsdeure en venstertralies verskaf, en die raamwinkel Get Framed is ook deel van National. Ander huurders in die sentrum is Foodeez, ’n kosafslagwinkel, Heartbeat Radio & Café, die Barber Shop en TAV Electrical. ’n Gemeenskapsmark (Oudtshoorn Community Market) sal ook by die sentrum gehou word, aanvanklik Saterdae. ’n Vrydagaandmark word ook vir die toekoms beplan.