Sprankel en glans tydens Oudtshoorn Besigheidskamer Gala-aand

Foto bo van links is Arrie Jordaan (Nedbank – borg), Oudtshoorn se uitvoerende Burgemeester Chris Macpherson, Donna-Lida van der Berg (bestuurslid, Oudtshoorn Besigheidskamer), Abri Ferreira (Voorsitter, Oudtshoorn Besigheidskamer), Helen Butler (Oudtshoorn Besigheidskamer), Bert Verlinde (Bestuurslid, Oudtshoorn Besigheidskamer), Suné Rupping (bestuurslid, Oudtshoorn Besigheidskamer), Lourens Swanepoel (bestuurslid, Oudtshoorn Besigheidskamer), Jacobus Maloney (bestuurslid, Oudtshoorn Besigheidskamer), en Hennie Davel (bestuurslid, Oudtshoorn Besigheidskamer). Foto onder: Van links is Arrie Jordaan (Nedbank), Prof. Johan Fourie (gasspreker), Abri Ferreira (Voorsitter, Oudtshoorn Besigheidskamer) Bert Verlinde (Bestuurslid, Oudtshoorn Besigheidskamer)

Oudtshoorn se Besigheidskamer het 2023 op ’n elegante noot afgesluit. Vanjaar se Gala-aand was op Donderdag, 30 November by De Opstal, net buite Oudtshoorn.

Lede, hul gades en kollegas het spoggerig gelyk en heerlik saam gekuier.

Die gasspreker vir die aand was Johan Fourie, skrywer van die boek “Skatryk”. Fourie is ’n Ekonomie-professor by die Universiteit van Stellenbosch.

Abri Ferreira, voorsitter van die besigheidskamer, het oor die jaar se hoogtepunte gesels, soos die Lottoland projek waar die ingang van die Kango Grotte opgeknap is, en ook hulle uitblinker-lede soos De Rustica wat die prys gewen het vir die beste olyfolie ter wêreld.  

Hy is ook baie trots op die tweedeplek wat hul behaal het vanjaar tydens die AHI se besigheidskamer van die jaar kompetisie.

“Baie dankie aan my bestuurspan, julle is ysters en sonder julle sou ons dit nie kon doen nie,” se hy. Ook aan Helen Butler, die Besigheidskamer kantoor administrateur vir die afgelope 15 jaar, bedank vir al haar harde werk, ook met hul verskeie projekte wat bydra tot die besigheidskamer se sukses. (Deur Angelique Erasmus)