Sakeman vereer by Skål-tak se mondigwording

DIE Tuinroete-tak van Skål Internasionaal het Saterdag hul mondigwording in styl gevier saam met sowat 40 uitgesoekte gaste by die Highgate Volstruisplaas buite Oudtshoorn.

Die gaste is deur die president van die Tuinroete-tak, Andrew Rogers, verwelkom.

Die vieringe het gepaard gegaan met ’n gala-ete, waar gaste gesmul het aan eksotiese geregte deur die sjef, Nellie-Enid Burger.

Niel Els, mede-eienaar van Turnberry Boutique Hotel en ook die vise-president van Skål Internasionaal, is die aand vereer met die Presidentsbeker vir uitnemende werk en die bevordering van die Skål-handelsmerk.

Die viergangete en die pragtige venue het beslis gesorg dat die geselligheid nie gou vergeet sal word nie

Skål Internasionaal is ’n wêreldwye professionele organisasie met die doelstelling om lande se toerisme-aantreklikhede te bemark.

Dit is die enigste organisasie wat verskillende industrieë binne die toerismesektor met mekaar verbind. (Deur Angelique Erasmus)