DIE 14-jarige meisie van Bongolethu wat sedert 16 Februarie vermis was, Mishanay Beronique Jansen, is sedert Sondag onge-deerd terug by die huis, presies ’n week nadat sy deur haar ouma as vermis aangemeld is.
Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudsthoorn Polisie, was sy die afgelope week vrywillig saam met vriende in George en is sy Sondag ongedeerd deur hulle by die huis afgelaai.