Events Calendar

SATERDAG 29 FEBRUARIE
NG Kerk Oudtshoorn-Suid Dankfeesbasaar. 10:00. Etekaartjies: Gebraaide hoenderboudjie met dy, twee slaaie en broodjie (R50) en skaapbredie met stampmielies (R60). Kaartjies te koop by die kerkkantoor 044 279 1900.

SATERDAG 29 FEBRUARIE
NG Kerk Volmoed Kerkbasaar. 10:00. Ete­kaartjies: twee tjops, twee slaaie en ’n broodjie (R65). Etekaartjies beskikbaar by Wikus 084 956 8254 of Johan 083 236 3456.

SATERDAG 29 FEBRUARIE TOT 1 MAART
Naweekstap in die Swartberge, van Spitskop tussen Rust en Vrede en Oudemuragie. ±8 km bergop en 8 km bergaf. Gratis kampering en vervoer vanaf Oudtshoorn beskikbaar (R40 brandstofgeld). Bespreek vroegtydig by Danie Steyl 078 469 3727 of epos na dsteyl@polka.co.za

DONDERDAG 5 MAART
Gimmies Opeaand. Langenhoven Gimnasium se skoolsaal. 18:00.

VRYDAG 6 MAART
Kuieroggend: Hoër Meisieskool ‘Old Girls’ van St. 6 tot St 10 (As jy net tot st 8 daar was, is jy ook welkom). Enchanted, Oudtshoorn. 09:30. Kontak Hazel by 082 651 8037 en Marie 076 537 3036.

VRYDAG 13 MAART
Eljada Nasorg bied aan Polka Dot and Stripes with a Mask Dance. Rolbalsaal, Oudtshoorn. 18:30. R65 pp. Bring ’n piekniekmandjie; kontant­kroeg beskikbaar; lucky draws. Kaartjies te koop by Susan: 072 954 1350.