Oasis en Hartskos word 1 jaar oud!

Hartskos 1

Deur Wyndham Ewerts
OASIS & HARTSKOS, gewilde winkel wat in die Checkers-sentrum op Oudtshoorn geleë is, vier vandeesweek sy eerste verjaarsdag!

Die eienaars, Le Roux en Marelize van Dyk, sê dié eerste jaar was vol opwinding.

Nou meer liters water:
Die waterkrisis het hul omtrent laat bontstaan, en daarom is hul effektiwiteit en kapasiteit om water te suiwer intussen verdubbel by beide ­Hartskos Deli en Oudtshoorn Spar se tapstasies.

Ons mees onlangse toevoegings tot Oasis se produkreeks, is gesuiwerde ys en energiedrank-ies. Ons verskaf ook dispensers wat water ver-koel en verhit vir besigheids- en huishoudelike gebruik en lewer die bottels gesuiwerde water ­hiervoor af.

Van platters tot wildsbiltong:
Die Hartskos-deli het ook die afgelope jaar van krag tot krag gegaan. Behalwe vir platters en verjaarsdagskoeke wat hier te koop is of bestel kan word, is die wildsbiltong, chilli-bites en droëwors is ook hier beskikbaar en is baie gewild.
iBraai Eco Firelighters:

“Met Vadersdag om die draai is die ideale geskenk ons eko-vriendelike iBraai Firelighters wat self deur Le Roux en Rudi Oberholzer ontwikkel is”, vertel Marelize trots. Wat hierdie brandaanstekers uniek maak is dat dit gegeur is met kruie en glad nie konvensionele parafien-olie bevat nie. Dit brand nagenoeg 20 minute en daar is geen onaagename reuke aan jou hande of in jou braaiarea nie.

10%-afslag vir twee weke:
Oasis en Hartskos Deli sê nederig baie dankie aan ons getroue kliënte, en ’n klein gebaar hiervan is ’n 10% afslag koepon ingesluit by hierdie berig. Ons sien uit na die jaar wat voorlê en na elke geleentheid om diens te lewer aan Oudts-hoorn en omgewing se mense.