Nuwe lede by netwerkaand voorgestel

Twee besighede en een diensorganisasie is verlede Woensdagaand (25 Mei) as nuwe lede by die maandelikse netwerkaand van die Oudtshoorn Besigheidskamer verwelkom. Hier van links is Helene Badenhorst (ondervoorsitter van die Oudtshoorn Besigheidskamer) en die nuwe lede Ingrid Noble en Suzi Cromhout van Just Pro­perty; Dawie Durand van De Rustica Olyflandgoed buite De Rust; en Hendri Calitz en Gernis Claassen van die Oudtshoorn Vryburgers. Die gesellige netwerkaand is in die klubhuis van die Gimmies Ondersteunersklub aangebied. Foto: Stefan Skapie Goosen