Die vroue-personeel van Buffelsdrift bestaan uit: bestuur, ontvangs, skoonmaakpersoneel, kelnerinne, kombuispersoneel en lede van die Spa-span.
Die gewilde wildsreservaat net buite Oudtshoorn, Buffelsdrift Game Lodge, bied luukse tent-akkommodasie, ’n eg Suid-Afrikaanse bosveldervaring en 22 verskillende wildsoorte.
Die A la carte-restaurant bied van die beste plaaslike disse in die omgewing en is oop vir die publiek vir ontbyt, middagete en aandete – insluitend drankies.
Die personeel by Buffelsdrift streef daarna om net die beste diens aan hul gaste te lewer.