Agter van links is Laetitia King, Mathilda le Roux, Louwna le Roux en voor van links Anneke Koorts, Mercia Bezuidenhout, Hannetjie Barnardo en Mia Piedt. Foto: Wyndham Ewerts
New Horizons Begrafnisdienste het op 1 Januarie 2009 die lig gesien. Intussen het die besigheid gegroei deur van kantoor te verander tot waar hulle tans besigheid bedryf, Adderleystraat 55. Die vrouespan bestaan tans uit sewe lede, nl Laetitia King (admin), Anneke Koorts (admin), Mia Piedt (skoonmaak en dames bederf met koffie en tee), Louwna le Roux, die jongste van die span (begrafnisreëlings en konsultasies met families, asook admin), Mercia Bezuidenhout (kliëntediens gedurende spitstye), Hannetjie Barnardo (vrywilliger en hulp met begrafnisse) en Mathilda le Roux (eienaar en stigter).
Wat hierdie dames so ’n gedugte en dinamiese span maak, is die wyse waarop elkeen sy taak sien en die manier waarop daar met die publiek (ons besigheid se grootste bate) omgegaan word. Altyd vriendelik en professioneel en wanneer nodig met die grootste deernis. Ons families wat in rou gedompel word en baie hartseer is, word met respek en deernis behandel.
New Horizons ag dit ook baie belangrik dat die publiek bewus moet wees hoe belangrik begrafnisdekking is. New Horizons is lid van die NFDA, ’n wêreldwye organisasie vir begrafnisondernemers, met die missie om seker te maak dat begrafnisondernemers geregistreer is sodat elke verbruiker die beste, om- gee-, respekvolle, etiese en wetlike professionele diens sal ontvang.
Stuur vandag nog ’n e-pos en kry inligting oor begrafnisdekkings, begrafnisse en verassings. Alle e-posse word vertroulik hanteer.