DIE Oudtshoorn Besigheidskamer het op Donderdag 23 Februarie, hul algemene jaarvergadering by Karusa, net buite Oudtshoorn aangebied. Die geleentheid is goed geondersteun deur plaaslike besighede.
Die gasspreker Koos van Arkel, van Alphen aan den Rijn, susters dorp van Oudtshoorn in Nederland het vertel dat hy die eerste keer in Oudtshoorn kom kuier het in 1995.
In Nederland is daar ook ’n dorp met die naam Oudtshoorn en dit het hom nuuskierig gemaak om meer uit te vind oor ons dorpie in Suid-Afrika.
Van Arkel het ook gaste met die raad gelos van “ Dis die klein dingetjies in die lewe wat die lewe lekker maak,”.
Volgens Abri Ferreira, voorsitter van die besigheidskamer, het die ledetal vanaf 162 in 2022 gegroei met 21 nuwe lede, wat die totale lede vir 2023 op 183 laat staan.
Die besigheidskamer het ook ’n trofee geborg wat tydens verledejaar se Kanna’s toegeken , die Herrie Kanna-Prys wat gewen is deur die Karoo Kaarte-projek . “Een van die hoogtepunte van 2022 was beslis ons Gala-aand, en sien ons uit na baie nuwe opwindende projekte vir 2023,” sê hy.
Hy het ook sy bestuur van 2022 bedank vir hul ondersteuning en se dat die besigheidkamer nie net hier is om besighede te ondersteun nie, maar om ook ’n verskil in die gemeenskap te maak.
Na afloop van die vergardeing is daar lekker saam gekuier en aan sout en soet happies gesmul. (Deur Angelique Erasmus)
Gesellige jaarvergardering aangebied deur Oudtshoorn besigheidskamer groot sukses
Oudtshoorn se uitvoerde Burgemeerster Chris Macpherson,gasspreker Koos van Arkel (van Alphen aan den Rijn in Nederland), Lizané Basson (KKNK), Helene Badenhorst (Oudtshoorn Besigheidskamer bestuur), Francois de Goede (ABSA), Abri Ferreira (Voorsitter van die Oudtshoorn Besigheidskamer) en Bert Verlinde (Oudtshoorn Besigheidskamer bestuur).
Foto: Angelique Erasmus