
TYDENS Die Hoorn se hulp met die soektog en aankeer van ’n Springbok wat Oudtshoorn op hol gehad het verlede week Donderdag, is daar op ’n erg beseerde skilpad in die veld afgekom.
Gelukkig was Dr Glen Carlisle, bekende veearts van Oudtshoorn deel van die aankeergeselskap, en het hy vir Skillie in sy bakkie gelaai en na sy praktyk geneem.
Daar is Skillie se dop met veselglas reggemaak, en verbind.
Hy is weer in die veld vrygelaat.
Volgens Carlisle bring mense gereeld skilpaaie na hom toe wat beseer is, gewoonlik wanneer hulle deur motors raakgery word of booswigte wat hul doppe met klippe stukkend gooi.
Glasvesel word gebruik om die dop te las om sodoende die ingewande van die skilpad te beskerm terwyl die dop weer aangroei.
Carlisle doen die herstelwerk op sy eie onkoste en vir die liefde vir die saak.
Hy behandel sowat 10 skilpaaie jaarliks. (Deur Angelique Erasmus)

Bo: Die springbok wat die dorp plat gehardloop het, en uiteindelik almal ontduik het.
Hy is laaste in ’n lusernland opgemerk naby Safari Volstruisplaas. Foto: Angelique Erasmus