“MY Pa het die besigheid begin op 3 Februarie 1986. Hy was ’n gekwalifiseerde ambagsman in paneelklop en spuitverf-werk, en dit wat hy van besigheid geweet het, het hy vir homself geleer soos die onderneming gegroei het.”
So vertel Fanie Fourie jr met heimwee van Fanie’s Bakwerke se begin op Oudts-hoorn – ’n onderneming wat jare lank plaaslik reeds ’n huishoudelike naam en vanjaar 35 jaar oud is.
Sedert Fanie sr in Augustus 2006 oor-lede is, het Fanie voortgebou op die ge-halte wat ’n kenmerk van die besigheid geword het. Fanie’s Bakwerke het sedertdien oor die jare verskeie pryse vir werk van hoë gehalte ontvang.
“Ek het in 1996 by my pa aangesluit en het van grondvlak af by hom geleer. Ek het in 2001 as ’n spuitverfwer gekwalifiseer en in 2004 as ’n skadeberekenaar. Ek was bevoorreg om 10 jaar lank saam met my pa te werk.”
Fanie’s Bakwerke het oor die jare deur opleiding op die hoogte van die jongste herstel- en verftegnieke asook verfprodukte gebly. Deur gespesialiseerde sweis-kursusse vir die nuwe metale waarmee voertuie vervaardig word, verseker ons topgehalte herstelwerk.”
“Ons personeel word vir modelspesifieke opleiding gestuur wat deel uitmaak van voertuigvervaardigers se vereistes dat ons aan hul voertuie kan werk. Ons is ook op hoogte van die versekeringsmaatskappye se nuwe digitale stelsels.
En nou met die Covid-19-pandemie moes Fanie’s Bakwerke se span nuwe uitdagings te bowe kom.
“Die pandemie het ons gedwing om ons besigheid van ’n ander hoek af te benader en aan ander maniere te dink hoe om dit steeds te maak werk,” sê Fanie.
Hul kliëntetevredenheid het nie in die slag gebly nie. Dit word deurlopend oor die tydperk van ’n jaar deur die onafhanklike maatskappy Lightstone Consumer Services gemeet. Fanie’s het met die laaste meting ’n gemiddelde gradering van 98,7% ontvang op grond van die diens en gehalte van die werk wat aan kliënte gelewer word. “Dit raak moeilik om jou telling so hoog te hou weens die kriteria waaraan gemeet word al hoe strenger raak,” voeg hy by.
Fanie gee graag erkenning aan sy bekwame span. “Ek is dankbaar vir my lojale personeel wat my vertrou om die ‘skip’ deur hierdie moeilike tye te stuur en bankvas agter my staan.” Hy bedank ook sy vrou en kinders wat altyd daar is vir hom. “Ek wil ook graag elkeen van ons kliënte, vriende, voertuighandelaars en versekeringmakelaars dankie sê vir hul ondersteuning.
“Sonder julle sou hierdie mylpaal nie moontlik gewees het nie!”
Fanie sê hy moedig sy personeel aan dat hulle moet werk asof dit hul eie besigheid is “aangesien ons almal ’n bestaan daaruit maak”.
Volgens Fanie sluit Fanie’s Bakwerke se vervaardigersgoedkeuring Ford, Mazda, Nissan, Honda, Isuzu, Opel, Chevrolet, Renault en Datsun in. Herstelwerk aan ander fabrikate word egter ook gedoen.
Fanie’s Bakwerke beskik oor ’n nuwe “photospectrometer” wat die verf van ’n voertuig uit nege verskillende hoeke af-neem, en dit dan vergelyk met hul verfverskaffer, Glasurit, se wêreldwye databasis van meer as 200 000 kleure.
’n Formule word dan verskaf wat 99,8% ooreenstem met die bestaande verf op jou voertuig.
Fanie’s Bakwerke bied nou ook “paintless dent removal” aan wat volgens Fanie beteken dat hulle die kleiner duikies wat voertuie gereeld in parkeerareas opdoen kan herstel.
• Fanie’s Bakwerke, wat ’n drie jaar-waarborg op al hul paneelklopwerk en ’n lewenslange waarborg op hul verfwerk bied, is al die afgelope 30 jaar by al die bekende versekeraars geakkrediteer.
Fanie’s Bakwerke maak gebruik van ’n opvolgstelsel om seker te maak kliënte is tevrede met hul diens.
Fanie bou voort op goeie reputasie
