Vergeet wolhaarstories en kry jou inenting, sê Glen!
’n Bekende Oudtshoorniet en leerkrag by Grootkraal Primêr, Glen Snyman, was Maandag een van die eerste leerkragte van die Groter Oudtshoorn om sy inenting teen Covid-19 te ontvang. Snyman, ook die stigter van People Against Race Classification (PARC), sê mense moet ophou om na wolhaarstories oor die inenting te luister en sodra dit vir hulle moontlik is hul laat inent. “Dit is die wyse besluit. Hou jy jouself en die mense om jou veilig,” sê hy. Foto: Stefan Skapie Goosen