Opleiding – groot impak op dienslewering

Deur Hannelie Rix

EK is telkemale verbaas hoe ’n klein verandering in die werksomgewing ’n groot impak op dienslewering het. Daarom kan ons as werknemers ’n doel­bewuste poging aanwend om op­gelei te word, hetsy deur ’n toesighouer, ’n bestuurder of deur ’n onafhanklike persoon wat uitgekontrakteer word. Om geleer te word, beteken nie jy weet niks nie, dit is eerder ’n belegging om jou optimale potensiaal te bereik. Sien dit as ’n geskenk van jou werkgewer.

Kliënte sien verandering raak, kliënte wil graag komplimenteer en talle kliënte (wat by jou ’n kliënt, maar by sy/haar eie maatskappy die werkgewer is) werf nuwe werknemers met ’n ‘ek-wil-myself-graag-verbeter-mentaliteit’.

Dit kan nie lekker wees om elke og­gend op te staan en werk toe te gaan nét om ’n salaris te verdien nie. Ons spandeer agt uit elke 24 uur by die werk. Dit is ’n derde van jou dag, vyf, soms ses dae per week. Om vooruitgang te be­-werkstelling, moet ons bereid wees om te leer. Wanneer ons dus die geleent­heid kry om nuwe vaardighede aan te leer, verbeter ons nie net onsself nie, maar ook ons vermoë om finansiëel be­ter daaraan toe te wees. Dié vooruitgang het ’n rimpeleffek wat strek tot by die groter gemeenskap. En so kan elk­een, sonder dat ons daarvan bewus is, tot ons samelewing bydra. Met ’n bie­tjie verstand en ’n goeie gesindheid, kan jy ver kom.

Werkgewers én werknemers is wel­kom om my te kontak. Ek help graag die individu of ’n span om die beste bate vir jul onderneming te wees. My e-posadres is hanrix44@gmail.com.