Byna ’n jaar gelede het ek ’n stuk vir Kingdom News geskryf oor ’n gebeds-aand op ’n koppie buite Oudtshoorn. Dit was skemer, die lug koel en die uitsig oor die dorp pragtig.
Ons is daardie aand gevra om niks van die Here te vra nie, maar bloot tyd in Sy teenwoordigheid deur te bring.
Terwyl ek na Stand in Awe van Bethel Music geluister het, het ek myself op Jesus se skoot gesien, met my kop teen Sy bors. Alles om my was donker. Stormwolke het bo my gehang en ek was moeg en terneergedruk.
Toe begin daar krake vorm. Stukkies van die donker dop om my het afgeval en uit elke oop plek het ’n warm lig geskyn. Hoe meer stukkies afgeval het, hoe ligter het ek gevoel.
Ek het niks gevra nie. Ek het net by Hom gesit.
Daardie aand het ek besef hoe maklik dit is om te sê ons laat ’n probleem in die Here se hande, terwyl ons steeds in die agtergrond aan ons eie planne vasklou, net vir ingeval God nie betyds deurkom nie.
Ek het destyds geskryf: God is nooit laat nie en nooit verkeerd nie.
Tog moet ek vandag eerlik erken dat my geloof intussen ’n agtersitplek ingeneem het. Ek was lanklaas in die kerk. Ek lees nie meer gereeld my Bybel nie en tyd saam met die Here het iets geword wat ek sal doen wanneer dinge rustiger raak.
Maar dinge raak mos nooit vanself rustiger nie.
Die jaar 2025 was een van die moeilikste en laagste jare van my lewe. Ons stelsel by die werk het heeltemal opgepak en ses maande se inligting was weg. Daarna het ek ’n ernstige ongeluk met my perd gehad (ek sal nog eendag die getuienis lewer). Sowat ’n maand later is my pa oorlede.
Van toe af voel dit asof ek net probeer inhaal.
Ek haal werk in. Ek haal sperdatums in. Ek probeer my liggaam en kop kans gee om te herstel. Ek probeer weer normaal funksioneer en almal se probleme oplos. Ek is elke dag besig om in te haal, maar voel dikwels asof ek nêrens kom nie.
Iewers tussen alles wat móét gebeur, het ek verleer om op dit wat werklik belangrik is te fokus.
Die waarheid is dat die feit dat ek vandag nog leef, reeds ’n wonderwerk is. Dat ek ná die ongeluk nie ernstige, permanente skade aan my gesig opgedoen het nie, is ’n wonderwerk. Ek weet dit, maar selfs wonderwerke kan later op die agtergrond verdwyn wanneer ’n mens weer vasgevang word in die daaglikse gejaag.
Toe gaan Oudtshoorn se krag af.
Vir byna vier dae was ons dorp in die donker. Skielik het die dinge wat ons as vanselfsprekend aanvaar, nie meer ge-werk nie. Ligte, yskaste, vrieskaste, waterpompe, selfoonseine en sekuriteitstelsels het probleme geword.
Wanneer die son sak en die dorp donker word, besef ’n mens hoe kwesbaar jy is. Jy dink anders oor veiligheid. Jy wonder hoe lank die kos in die vrieskas nog veilig sal wees. Jy bereken hoeveel petrol of diesel nodig is om ’n kragopwekker aan die gang te hou en hoeveel langer jou noodplanne gaan hou.
Die ekstra uitgawes loop vinnig op. Kos begin ontdooi. Ondernemings verloor inkomste. Kommunikasie raak moeiliker en elke nuwe beraamde hersteltyd bring hoop, en dan teleurstelling wanneer dit weer verbygaan.
Ons het sonkrag, kragopwekkers, batterye en “back-up” planne. Maar selfs dié planne het perke.
Vier dae sonder krag het my weer laat besef hoe uitgelewer ons eintlik is wanneer die ligte afgaan. Ons hou daarvan om te glo ons is in beheer, totdat iets gebeur wat geen geld, plan of goeie voorbereiding onmiddellik kan regmaak nie.
En miskien was dit die herinnering wat ek nodig gehad het.
Ek het geweet ek moet weer begin om tyd vir die Here te maak, maar ek het nie geweet waar om te begin nie. Moet ek eers weer kerk toe gaan? ’n Bybelleesplan begin? Langer bid? Alles wat ek nagelaat het, probeer inhaal?
Toe tref dit my: Ek doen met my geloof presies wat ek met die res van my lewe doen. Ek probeer inhaal.
Maar God vra nie dat ek eers alles moet inhaal voordat ek na Hom toe terugkeer nie. Hy vra net dat ek kom.
Ek hoef nie met die regte woorde, ’n netjiese plan of ’n lang gebed op te daag nie. Ek kan eenvoudig weer stil word. Ek kan weer, soos daardie aand op die koppie, net in Sy teenwoordigheid gaan sit.
My probleme is nie skielik weg nie. Die werk wat agter is, bly agter. Die hartseer oor my pa bly.
Die gevolge van die ongeluk en die uitdagings van elke dag verdwyn nie omdat ek bid nie.
Geloof beteken nie dat die donkerte nie bestaan nie. Dit beteken dat ek nie alleen daarin hoef te sit nie.
Wanneer die krag afgaan, soek ons onmiddellik ’n ander bron van lig. Ons steek kerse aan, laai batterye en laat kragopwekkers loop. Tog kan ons geestelik vir maande in die donker bly, omdat ons te besig is om stil te word en terug te keer na die Bron van ons lig.
Spreuke 3:5–6 in Die Boodskap herinner ons om nie te dink ons weet altyd die beste nie, maar om die Here te vertel waaroor ons dink en wat ons wil doen, en Hom toe te laat om ons te help.
Miskien is dit waar ek weer moet begin.
Nie deur alles wat ek versuim het te probeer inhaal nie. Nie deur myself skuldig te laat voel omdat ek lanklaas in die kerk was of my Bybel oopgemaak het nie.
Net deur vandag ’n paar minute stil te word en eerlik te sê: “Here, hier is ek.”
Die vier dae sonder krag het gewys hoe afhanklik ons van lig is. Dit het my ook daaraan herinner hoe afhanklik ek van Hom is.
Wanneer alles donker word en al my planne opraak, bly God steeds daar. Hy het nie my opsy geskuif omdat ek Hom opsy geskuif het nie.
Hy wag geduldig dat ek weer sal stil word, ophou om alles om my te probeer en net my kop teen Sy bors sal sit. Want selfs in die donkerste tyd wanneer die krake vorm, is dit hier waar Sy Lig kan inkom. (ANGELIQUE ERASMUS)


A castle on a hill
Edinburgh feels like a city that remembers. Its ancient castle stands high above the streets, weathering wars, kings, queens, victories and heartbreak. Generation after generation has passed beneath its shadow, yet it still stands. Strong. Unmoved.
Steadfast.
As I walked through its stone streets, I found myself thinking that perhaps this is exactly what God desires for His children. Not lives without battles.
Lives that remain standing. History teaches us that kingdoms rise and kingdoms fall. Crowns change hands. Even the great halls that once echoed with the footsteps of kings and queens eventually become stories told to strangers. Yet there is one Kingdom that has never been shaken.
“Therefore, since we are receiving a kingdom that cannot be shaken, let us be thankful…” (Heb 12:28). That Kingdom lives within us. And suddenly I understood something.
Protect your heart. Not as an occasional reminder. As a way of living. “Above all else, guard your heart, for everything you do flows from it.” (Prov 4:23). Everything. Your words.Your reactions.Your relationships.
Your courage.Your peace. Even the way you see the world. What fills your heart eventually finds its way into your thoughts. Your thoughts become your words. Your words begin shaping your life.No wonder Paul writes, “Take captive every thought to make it obedient to Christ.” (2 Cor 10:5).
What an incredible picture. Not allowing every thought permission to stay. Not entertaining every fear. Not feeding every offence.
Not rehearsing every disappointment. Simply placing every thought before Jesus until our minds begin to resemble His. The posture of our thoughts matters. When our hearts remain surrendered, blessing becomes our natural language. Hope becomes our expectation.
Gratitude becomes our response. Peace becomes our home. This does not mean life suddenly becomes easy. It means we stop allowing circumstances to tell us who God is. The cross already settled that. Jesus Himself said, “In this world you will have trouble. But take heart! I have overcome the world.” (John 16:33).
He did not promise an easy road. He promised His victory. That changes everything.
So many people are surviving. Jesus invites us to overcome. There is such a difference.
One merely gets through the day. The other walks through the day carrying Heaven’s perspective. One expects defeat.
The other expects God to move. One rehearses fear. The other remembers His faithfulness.
I am becoming convinced that victory is first won in the secret places of the heart long before it is seen by anyone else. Long before mountains move. Long before prayers are answered. Long before circumstances change. Victory begins the moment we agree with God more than we agree with our fears. “No, in all these things we are more than conquerors through Him who loved us.” (Rom 8:37).
Not one day. Now. Today. Wherever you were born. Whatever your story has been. Whatever your surname carries.
Whatever your past still tries to whisper. Christ has already written a greater story.
As I looked over Edinburgh from the castle walls, I realised that every kingdom built by human hands eventually fades into history.
Only one King still reigns forever. And unlike earthly kings, He invites us to share in His victory.
So today my prayer for you is this. May your heart become a well guarded garden where only truth is allowed to take root.
May your thoughts learn the beautiful posture of surrender. May your words become fountains of life.
May blessing become more familiar than complaint. May hope become louder than fear. And may you discover that victory is not something you are waiting to receive one day.
It is the inheritance of every son and daughter who walks with the King of Kings. Walk like someone who already belongs to His Kingdom. You do. (VICKY LUDICK)