DIE prioriteite in jou linkerhand
Die duim:
God die Vader – Skepper van hemel en aarde, die Almagtige, die enigste God. Hy het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gestuur het sodat elkeen wat in hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal beërwe. Joh 3:16.
Die Seun – Jesus Christus, gebore uit die maagd Maria Matt 1:18 grootgeword in Nasaret, Matt 2:23, gedoop deur Johannes in die Jordaanrivier Matt 3:13. Wonderwerke gedoen, toe gekruisig en begrawe.
Opgestaan uit die dood net voor hy opvaar na die hemel, stuur Hy sy Heilige Gees om ons by te staan. Hy kom weer terug om Sy kinders te kom haal.
Heilige Gees – lei ons in die waarheid en leer ons van alle dinge. Oortuig ons ook van sonde, geregtigheid en oordeel en help ons om deur die gawes die liggaam van Christus te bedien.
Die wysvinger:
Dit is die man geskape as die kroon van God se Skepping as priester, koning en profeet van sy huis. Hy is die outoriteit in God se orde. Hy is ook die broodwinner en voorsiener van sy gesin.
Die middelvinger:
Verteenwoordig die vrou, wat die kroon van die man is, en ook as helpmaat, nie helmaat nie. Uit die man geskape. Sy is die sterk pilaar wat die huishouding aanmekaar hou.
Die ringvinger: Verteenwoordig die kinders wat God ons gee en die trouring is daar om ons te herinner dat aan hulle behoort die koninkryk van God.
Die pinkie:
Dit is ons werk wat ons moet doen, want as jy nie werk nie, kan jy nie eet nie.
In die huidige ekonomiese en politieke klimaat sien ons gereeld hoe mense swaarkry as gevolg van die feit dat hulle prioriteite geskuif het.
Dinge soos die TV en selfone neem ’n ereplek in, Sport is belangriker as enigiets anders, en sosiale media bly nie ver agter nie.
Selfone oorheers ons samelewing, waar ’n mens ookal gaan sien jy persone besig op hulle selfone.
Sommige gebruik dit om negatiewe kommentaar en stories op te slurp en ook om uitlatings te maak.
Hierdie tipe media is besig om ons mense te vernietig en die wêreld gebruik dit om mense te dwing om God te verlaat ter wille van politieke korrektheid en soms jou loopbaan.
Hier is die slegte nuus.
Daar is geen sekuriteit in hierdie dinge nie. Pensionarisstatus kom baie vinniger as wat ons verwag.
Maar deur Hom, is ons in staat om alles te oorkom, want hy het ons lief en wil net die beste vir ons hê. Daar berus dus ’n verantwoordelikheid op ons om onder andere die Prioriteite in ons linkerhand, na te kom. (Deur Pieter Niemand)
Kingdom News: Prioriteite in die koninkryk
Pieter en sy vrou Dana Niemand. Pieter is ’n senior pastoor by Fortress Ministries, en stigter van die Keep the Dream 225 Addiction sentrum waar professionele hulp aan verslaafdes gegee word. Hy is ook ’n geregistreerde huweliksbeampte, motiveringspreker, skrywer, liedjieskrywer, voorsangleier en korttermynversekeringsspesialis. Foto verskaf