David Piedt skryf oor rassisme

Rassisme is ’n wêreldwye verskynsel. In Suid-Afrika het dit gedurende die dae van apartheid, maar ook reeds voor dit, wetlik deel van ons leef­wê­reld en lewensbestaan geword.

Dit was so ’n algemene verskynsel dat dit vir ons (die verdruktes en die verdrukkers) so normaal, alledaags en aanvaarbaar was soos trou, geboorte en dood.

Die kwessie van ras, klas, kleur is tot vandag toe met ons, en steeds het ons geen noemenswaardige pogings (ver­al na bevryding) aangewend om die aangeleentheid aan bande te lê nie. Mis­kien was ons naïef en het ons ge­dink dat so ’n eeueoue gevestigde praktyk dit self uit die nuutgeskepte same­le­wing sou weer.

Kyk net waar en wanneer het die eu­wel van rassisme die eerste keer in ons land sy buiging gemaak:

• Die eerste skool vir blanke kinders is eers in 1663 aan die Kaap geopen, terwyl die skool vir slawekinders alreeds in 1658 gestig is. In 1676 is ’n beweging op tou gesit om skeiding in die blanke skool op die basis van kleur te be­werkstellig. Dit was nogal ’n kerkli­ke owerheid wat die wenslikheid van dié stap ingesien het. Aan die basis van die besluit lê rassisme.

Van Rheede het die verordening in 1676 geproklameer dat skeiding in die skool voortaan op ’n kleur­basis sal geskied. Die reglement het bepaal dat daar geen wit kinders in die slaweskool toegelaat sou word nie, en geen slawekinders in die wit skool nie.

In die slaweskool was die kinders verplig om Hollands te leer, sodat hulle die opdragte van die heersers kon verstaan en uitvoer. In die slaweskool is die kinders geleer om respek vir gesag te hê, en om hulle meerdere te gehoorsaam.

Die slawekinders was egter nie bereid en gereed om hulle te onderwerp nie, en het teen dié dwingeland weerstand gebied. Hiermee gepaardgaande sê die Kaapse superintendent-generaal van onderwys in 1889 die volgende oor die karakter van wit baasskap: “The European colonist should hold a paramount influence, social and political, to see that the sons and daughters of the colonists, should have at least such an education as their peers in Europe. With such local modifications, they will maintain their unquestioned superiority and supremacy in this land.”

The level of ignorance, arrogance, superiority and racism speaks for itself.
Tot vandag toe genereer rassisme ontsettende emosionele gevoelens en lei dit in die meeste gevalle tot sterk emosionele reaksies, wat fluktureer tus­sen skuld en verleentheid, en tussen ­woede en wanhoop. Die kwessie van rassisme in ons samelewing kan nie lig­telik opgeneem word nie, en volwas­senheid en ’n rasionele benadering oor die onderwerp is beslis ’n voorvereiste.

Die sielkundige impak wat rassisme op die psige van die verdrukte en die verdrukker het, is intens. Selfs na twee dekades van demokrasie in Suid Afrika het ons gereelde voorvalle van rassisme in ons onderskeie gemeenskappe.

Baie van ons huldig vooroordele en kulturele stereotipes waaraan ons binne ons etniese groeperinge blootgestel was en steeds is, en al sou die ­vooropgestelde vooroordele ook positiewe assosiasies hê, het dit steeds ’n negatiewe effek op die individu omdat sy/haar individualiteit binne die proses misken word. Hierdie gesindhede en verhou-dings beïnvloed nie net die individuele gedrag van mense van kleur nie, maar ook die van witmense, en belemmer derhalwe interpersoonlike verhoudings.

We have grown up in a world of separation and different environments, and in the absence of contact, prejudices and racism just happens to become an integral part of our upbringing. We assumed that we cannot be blamed for learning what we were taught (intentio­nally or unintentionally), yet as adults today, in a free and open non-ra­cial society, we have the responsibility to identify, and to interrupt the cycle of this kind of oppression.

We admit that we have been misinformed, and it is now our personal responsibility to seek for more accurate information and to adjust our behaviour accordingly.

I believe that both institutional and individual change is possible. We know that the unlearning of prejudices and racism is a lifelong process, but in the process we have to display mutual respect for each other, regardless of how we perceive the other to be, and we have to start relating to our own personal experience e.g. “I think…” rather than “people say…”

Racism will remain an uncomfortable topic, and it will remain so until we as a community decide to tackle the evil of racism head on. We must learn not to make the topic of race a taboo for discussion, particularly not in racially mixed settings. White people who have an opportunity to learn about racism, will be better allies in a predominantly white environment, and it will give peo­ple of colour an opportunity to examine their ways in which racism have affected their own unpleasant experience, and then try to validate rather than to be demoralized by it.

People of colour can easily contri­bute to the diversity landscape within society, and whites who have already made a commitment to unlearn their own racism, could act as role models for other white students, who are looking for new ways to understand their own whiteness, while people of colour are looking for allies.

We have to talk about race so that we can learn about racism, that is the only way how we can start resolving this complex issue.

Die volgende vrae kan miskien help om ons eie posisie tov rassisme in oënskou te neem; is ons nie maar almal inherent rassiste nie? Het rassisme iets te make met vrees, hebsug en bevoorreg­ting? Is daar ’n element van meerderwaardigheid en minderwaardigheid in rassisme? Indien daar ’n voordeel in die beoefening van rassisme is, waarom moet jy daarvan afsien? Lê eiebelang nie maar aan die grondslag van rassisme nie?

Ten slotte, dit is belangrik dat elkeen van ons uit eie beweging besef dat alle mense voor God gelyk is en na Sy beeld geskape is, en dat mense mekaar se hoeders is, dat ons nie aan mekaar moet doen wat ons nie graag wil hê andere aan ons moet doen nie.

Derhalwe moet ons voortdurend strewe om ’n wêreld sonder rassisme te skep, maar ons moet besef dat so ’n wêreld nog nie bestaan nie.

Hiervoor het ons almal ’n sosiale bewussyn nodig.

3 Comments on "David Piedt skryf oor rassisme"

  1. Mr Piedt, dankie vir jou artikel. Net om die draai van jou bly ek, Glen Snyman. Ek weet u is bewus van my en die gewilliges wat glo in ‘n nie-rassige Oudtshoorn en Suid-Afrika, se poging wat ons begin het. Daardie poging en veldtog se naam is PARC, People Aganst Race Classification.
    Ek het al baie veld gewen in die bewusmaking van die ideologie van ras en dat ons ALMAL moet weg kyk van die idee om onsself nie meer as ‘n ras te klassifiseer. Hoekom is hierdie poging van my (ons) dan ook nie genoem in u artikel nie? Ons is al sedert Oktober 2010 aan die gang.
    Stem u saam met die inisiatiewe van PARC? Dankie

  2. A vd Walt | 02/28/2020 at 17:52 |

    Absolute waarheid sonder kinkels.

  3. Stoffel Meiring | 02/28/2020 at 10:15 |

    Ja nee Mnr Piedt,ds die reine-waarheid wat U hier skryf, x vndag 64jr, en kom ook uit dai era,en tot vndag in die demokratiese SA waarin ons leef, kleef dai stiegma van Apartheid steeds aan my, so dat x kwaad word vir sekere mense as hlle sou sleg praat van n witmens, of lelik wees met wit-mense!!!

Comments are closed.