Christelike teaterstuk by Duppie se Tuinteater

Die eenvrouvertoning Hagar word Saterdag, 7 Maart, om 09:00 by Duppie se Tuinteater, Le Rouxstraat 3, opgevoer. Gegrond op die Bybelverhaal van Genesis 16, fokus die dramatiese vertolking op die jong Egiptiese slavin Hagar.

Slegs 30 plekke is beskikbaar. Kaartjies kos R120 en sluit ligte verversings, koffie en tee in.
Vir meer inligting of bespreking, kontak Wilma du Plessis by 084 250 6185.